DA geskok oor nog ‘n plaasmoord

Issued by Leona Kleynhans LPW – Lid van die Vrystaatse Provinsiale Wetgewer
30 Sep 2021 in Press Statements

Vind aangeheg ‘n klankgreep deur Leona Kleynhans LPW, Lid van die Vrystaatse Provinsiale Wetgewer.

Die Demokratiese Alliansie (DA) is uiters geskok oor nóg ’n plaasmoord wat laasnag op ’n plaas in die Heilbron-omgewing plaasgevind het.

Mnr Petrus Steyn (50) van die plaas Holfontein is op die plaaswerf wreed deur drie aanvallers aangeval. Roof blyk die motief vir die aanval te wees, aangesien die kluis oop gestaan het, en ’n onbekende aantal wapens is gebuit is.

Die polisie en plaaslike boere het die toneel ondersoek en spore gevolg, maar geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.

Die DA wil sy meegevoel uitspreek teenoor nog ’n gesin en gemeenskap wat hierdie gruwelike trauma moes beleef.

Ons boere en landelike gemeenskappe is uitgelewer aan misdadigers and moordenaars, wat nie in hul wreedheid sal skroom om hul doel te bereik nie.

Dit is ongelukkig dat sommige politici rassegeweld met radikale uitsprake aanhits wat minderheidsgroepe teiken.

Die DA vra al lank dat die SAPD se landelike veiligheidsplan ten volle geïmplementeer moet word, maar ervaar nog dat polisiekantore skaars kan funksioneer weens ’n gebrek aan hulpbronne wat mannekrag en befondsing insluit. In baie gevalle is dit slegs die plaaslike veiligheidsgroepe wat nog ’n hindernis bied teen hierdie misdadige elemente.

Die DA het ’n Wetsontwerp in die Vrystaatse Wetgewer ingedien, juis met die doel om gemeenskapsveiligheidsgroepe te bemagtig, en om hul bande met die SAPD te formaliseer en te versterk. Alle politieke partye het die inisiatief gesteun, maar nou word daar eers weer gesloer om dit te finaliseer en te implementeer.

Die huidige situasie moet onder geen omstandighede geduld word nie, en ons sal voortgaan om te veg vir ’n behoorlike polisiediens, asook ten volle bemagdigde gemeenskapsforums.