DA veroordeel brutale plaasmoorde op Harrismith

Issued by Leona Kleynhans LPW – DA-lid van die Vrystaatse Wetgewer
09 Aug 2021 in Press Statements

Vind aangeheg ‘n klankgreep in Afrikaans deur Leona Kleynhans LPW, DA-Lid van die Vrystaatse Provinsiale Wetgewer.

Die Demokratiese Alliansie (DA) veroordeel ten sterkste die brutale moord op vyf gesinslede op die plaas Toekomst naby Harrismith die naweek.

Hierdie aanval maak dit weereens duidelik dat boere, werkers, plaasbewoners en hul gesinne uiters blootgestel is aan misdaad en geweld as gevolg van hul afgeleë werkplek.

Hierdie gemeenskappe moet beter beskerm word aangesien hulle nasionale bates is, en ‘n groot bydrae maak tot die Vrystaat ekonomie.

Ons betuig ons innige meegevoel met die familie, hul kollegas en die gemeenskap wat getraumatiseer is deur hierdie gebeure.

Die DA plaas groot druk op die SAPD om ‘n beter verhouding tussen hul lede en die landelike gemeenskappe wat hulle dien te bevorder.

Ons vertrou dat die SAPD in hierdie geval presies sal uitvind wat op Toekomst plaas gebeur het, en die moordenaar tot in die tronk sal vervolg vir hierdie grusame daad.